Genoeg vir 8 mense

Bereiding: 10 min.

Verkoeling: 30 min.

Gaarmaaktyd: 10-15 min.

Rustyd: 10 min.

Vleiskoekies

500 g maer beesmaalvleis

250 g maer varkmaalvleis

1 ui, fyn gekap

10 ml (2 t) sout

swartpeper

2 snye witbrood, korsies afgesny en in melk geweek

5 ml (1 t) fyn komyn

30 ml (2 e) kerriepoeier

125 ml (½ k) gekapte vars koljander

1 eier, geklits burgers

1 blik (410 g) chakalaka

8 burgerrolletjies, gehalveer

80 g slaaiblare

1 avokado, in skywe gesny

1 rooi-ui, in ringe gesny

1 vleiskoekies

  1. Meng al die bestanddele en vorm vleiskoekies van 8 x 10 cm. Verkoel minstens 30 minute of tot benodig.
  2. Braai die vleiskoekies sowat 10 minute op matige kole tot gaar en laat 10 minute rus
  3. Burgers Verhit die chakalaka in ’n kastrol. Sny die rolletjies middeldeur en pak die slaaiblare en avokado op. Plaas ’n
  4. vleiskoekie op elke rol met uieringe en chakalaka bo-op. Sit voor.