Genoeg vir 6-8 mense

Bereidingstyd: 20 minute

Gaarmaaktyd: 1¼ uur 

  • 3 middelslag-aartappels, in kwarte gesny
  • 2 ml (½ t) eiergeel-koskleursel
  • sout en peper
  • 30 ml (2 e) olie
  • 2 groot uie, in ringe gesny
  • 2 kaneelstokkies
  • 2 kardamompeule
  • 2 ml (½ t) vinkelsade
  • 1 steranys
  • 1 klein ui, gekap
  • 10 ml (2 t) gerasperde vars gemmer
  • 10 ml (2 t) gekneusde knoffel
  • 45 ml (3 e) geroosterde masala
  • 5 ml (1 t) gemaalde komyn
  • 1 kg hoenderstukke
  • 2 takkies kerrieblare
  • 500 ml (2 k) witrys, gespoel
  • 750 ml (3 k) warm water
  • 125 ml (½ k) gekapte vars koljander

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Vryf die aartappels met die koskleursel en geur met die sout en peper. Plaas op ’n bakplaat en braai 20 minute.
  2. Verhit die olie in ’n middelslag-grootte pot, voeg die uieringe by en braai tot goudbruin. Skep uit en laat staan eenkant.
  3. Gooi die heel speserye in dieselfde pot en verhit tot die speserye ’n skietgeluid maak. Voeg dan die gekapte ui by.
  4. Voeg die gemmer en knoffel by sodra die ui deurskynend is en roer vinnig. Voeg dan die geroosterde masala en komyn by en roer ’n minuut.
  5. Voeg die hoender by en roer tot dit goed met speserye bedek is. Voeg 15 ml (1 e) sout, die kerrieblare en rys by en roer goed deur. Draai die plaat af.
  6. Skep die hoender-en-rys-mengsel in ’n diep, oondvaste bak. Sit die gebakte aartappels ook in en gooi die warm water oor. Bedek met foelie en laat 1 uur bak. Skakel die oond af en los die dis in die oond vir nog 15 minute.
  7. Haal uit die oond en meng liggies met ’n vurk. Plaas die gebraaide uie bo-op en garneer met die koljander.