4 varkvleis-steaks, sonder been

sout en peper

125 ml (½ k) mielieblom

1 eier, geklits

30 ml (2 e) melk

250 ml (1 k) koeskoes, gaar

olie vir vlakbraai

200 g cheddarkaas, in skywe gesny

250 ml (1 k) bereide sampioensous

  1. Kap die vleis platter. Geur dit met die sout en peper en rol in die mielieblom.
  2. Klits die eier en melk saam en doop die schnitzels daarin.
  3. Rol in die koeskoes en verkoel 15 minute.
  4. Verhit die olie en braai die schnitzels tot goudbruin en gaar.
  5. Plaas ’n skyf kaas op elke schnitzel en bedruip met sampioensous.
  6. Sit voor met wortelslaai.