Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 20 minute

Verkoeltyd: 30 minute

Gaarmaaktyd: 30-45 minute

FRIKKADELLE

2 snye witbrood, korsies verwyder en in melk geweek

250 g varkmaalvleis

500 g maer beesmaalvleis

sout en peper na smaak

250 ml (1 k) pecorino- of parmesaankaas, gerasper

125 ml (½ k) ricotta- of roomkaas

125 ml (½ k) gekapte pietersielie

1 eier, geklits

30 ml (2 e) botter of margarien

SOUS

30 ml (2 e) olyfolie

2 middelslag-salotte, fyn gekap

15 ml (1 e) Dijon-mosterd

60 ml (¼ k) brandewyn

15 ml (1 e) wynasyn

125 ml (½ k) rooiwyn

250 ml (1 k) hoenderaftreksel

125 ml (½ k) room

30 ml (2 e) groenpeperkorrels

rys vir voorsit

  1. FRIKKADELLE Druk die brood goed droog en meng met die res van die frikkadelbestanddele behalwe die botter of margarien.
  2. Rol in gholfbalgrootte-balletjies. Plaas 30 minute in die yskas.
  3. SOUS Verhit intussen die olie en braai die salotte tot sag.
  4. Voeg die mosterd, brandewyn en asyn by en verhit tot die helfte afgekook het.
  5. Voeg die wyn by en laat sowat 15 minute tot die helfte afkook. Voeg die aftreksel en room by en laat afkook. Voeg die peperkorrels by.
  6. Braai die frikkadelle in die botter of margarien tot bruin buiteom. Plaas in die sous en verhit tot warm. Sit voor saam met rys.