Genoeg vir 6 mense

Gaarmaak: 10 min.

Bereiding: 15 min.

500 g hoendermaalvleis

2 uie, fyn gekap

3 knoffelhuisies, gekap

’n hand vol koljander, gekap

15 ml (1 e) komynsaad

5 ml (1 t) fyn koljander

1 eier

sout en peper

45 ml (3 e) olyfolie

100 g slaaiblare

4 tamaties, in skywe gesny

6 rolletjies

125 g camembert, in skywe gesny

perskeblatjang vir voorsit

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Meng die maalvleis, ui, knoffel, koljander, speserye en eier in ’n middelslag-bak. Geur goed met die sout en peper.
  2. Verdeel in 6 gelyke porsies en rol in balle. Verhit die olie goed in ’n pan en braai die vleiskoekies terwyl jy dit plat druk tot sowat 1 cm dik. Braai stadig aan albei kante tot goudbruin.
  3. Sit dit in die warm oond om nog 5 min. te bak.
  4. Verdeel die blaarslaai en tamatieskywe tussen die rolletjies. Plaas die gaar vleis bo-op en dan die skywe camembert. Sit voor saam met die perskeblatjang.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander