2 x 250 g-riboogsteaks

sout

125 g camembertkaas

15 ml (1 e) groenpeperkorrels

2 uie of salotte, gehalveer

20 ml (4 t) suiker

8 ciabattaskywe, gerooster

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Braai die steaks in ’n verhitte riffelpan tot gaar na smaak. Halveer. Plaas op ’n bakplaat, plaas skywe van die kaas boop, sprinkel die groenpeperkorrels oor en bak sowat 2 minute in die voorverhitte oond tot die kaas net gesmelt is. Braai intussen die uie of salotte tot sag en gaar, sprinkel die suiker oor en braai tot gekaramelliseer.
  2. Plaas die steak op die broodjies en sit saam met die uie voor.
  3. Sit saam met ’n groenslaai voor.