500 g boerewors

4 sosatiestokkies

blaarslaai

4 broodrolletjies

4 snye mozzarellakaas

4 jalapeño-brandrissies, in skyfies gesny

Voorverhit die oond tot 230 °C.

  1. Sny die wors in vier stukke, draai in sirkels en ryg aan die sosatiestokkies. Braai tot gaar.
  2. Pak ’n stuk blaarslaai op die onderste helfte van elke broodjie gevolg deur ’n worssirkel, ’n skyf mozzarella en ’n paar skyfies jalapeño.
  3. Oondrooster tot die kaas gesmelt het.
  4. Sit die ander broodhelftes bo-op en sit die burger dadelik voor.