En hoenderlewers is boonop glad nie duur nie. Hierdie romerige lewertjies smaak vorentoe op pasta, rys, krummelpap of kapokaartappel.

Lewer 4-5 porsies.

1 ui, gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

2 klein brandrissies, fyn gekap

60 ml (¼ k) droë witwyn

1 blik (410 g) gekapte tamaties

sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

250 ml (1 k) room

30 ml (2 e) soet rissiesous

15 ml (1 e) botter

15 ml (1 e) olie

500 g hoenderlewers, skoongemaak

30 ml (2 e) gekapte vars pietersielie

Braai die ui, knoffel en rissies stadig in die olie tot die ui sag is.

Voeg die wyn en gekapte tamaties by, verhit tot kookpunt en laat prut tot dit met die helfte afgekook is.

Geur met sout en peper.

Voeg die room en soet rissiesous by, verhit weer tot kookpunt en laat prut liggies tot dik en geurig.

Terwyl die sous prut, verhit die botter en olie in ’n pan en braai die hoenderlewers tot goudbruin en net-net gaar.

Gooi die sous oor en laat prut ’n minuut of twee.

Sprinkel pietersielie oor en sit voor.

Foto: Misha Miles

Volg Huisgenoot op Twitter.