Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 min.

staantyd: 15 min.

Gaarmaaktyd: 12-15 min.

Vleis

30 ml (2 e) heuning

30 ml (2 e) hoisinsous

15 ml (1 e) sojasous

4 ontbeende varktjops soos nek, 2,5 cm dik gesny

Salsa

1 blik (440 g) pynappelstukkies, gedreineer

1 rooi soetrissie, in blokkies gesny

1 klein ui, gekap

1 groen brandrissie, ontpit en gekap

10 ml (2 t) suurlemoensap

knippie sout

  1. Vleis Meng die heuning, hoisinsous en sojasous en smeer oor die tjops. Laat 15 minute staan en braai 12-15 minute op matige kole tot goudbruin en gaar. Draai gereeld om.
  2. Salsa Meng al die bestanddele en sit voor saam met die vleis.