Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

5 ml (1 t) olyfolie

1 ui, gerasper

2 knoffelhuisies, fyn gekap

500 g maer maalvleis

5-7 ml (1-1½ t) sout

vars gemaalde swartpeper

3 ml (ruim ½ t) komyn

5 ml (1 t) suurlemoenskil, fyn gerasper

100 g murgpampoentjies, gerasper

50 g babaspinasieblare, gesnipper

15 ml (1 e) pietersielie, fyn gekap

30 ml (2 e) kruisementblare

15 ml (1 e) suurlemoensap

kapokaartappels, gemaak van vier groot aartappels

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Verhit die olyfolie in ’n pan en braai die ui en knoffel tot sag en geurig.
  2. Geur die maalvleis met die sout, peper, komyn en suurlemoenskil en voeg die uimengsel by. Laat sowat 10 minute prut tot gaar. Roer af en toe en maak die maalvleis met ’n vurk los.
  3. Voeg die murgpampoentjies en babaspinasie by die maalvleismengsel en laat nog 1-2 minute prut.
  4. Geur die mengsel met die pietersielie, kruisement en suurlemoensap.
  5. Skep die maalvleismengsel in bakkies.
  6. Skep die kapokaartappels op die maalvleisbakkies en bak dit 5-10 minute in die voorverhitte oond.