Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 25 min.

30 ml (2 e) botter

500 g beesmaalvleis

1 ui, gekap

1 x 400 g-blik sousbone in brandrissiesous

30 ml (2 e) worcestersous

60 ml (¼ k) blatjang

60 ml (¼ k) tamatiesous

15 ml (1 e) droë gemengde kruie

kapokaartappel gemaak van 5 aartappels

1. Verhit ’n groot braaipan oor hoë hitte en smelt die botter. Braai die vleis en uie daarin terwyl jy roer om die vleis te breek, sowat 3 min. tot die vleis bruingebraai is.

2. Roer die sousbone, worcestersous, blatjang, tamatiesous en droë kruie by en laat prut 5 min. tot verdik. Skep oor in ’n diep oondbak.

3. Skakel die boonste oondrooster aan op hoog. Skep die kapokaartappels oor die vleis en vlok met ’n vurk. Plaas ’n paar minute onder die vuurwarm rooster tot dit goud van kleur is en borrel.

Deur Hope Malau

Foto: David Briers