Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 45 minute

30 ml (2 e) olie

1 ui, gekap

2 wortels, gerasper

3 knoffelhuisies, gekap

500 g beesmaalvleis

30 ml (2 e) tamatiepasta

250 ml (1 k) beesvleisaftreksel

30 ml (2 e) worcestersous

45 ml (3 e) blatjang

700 g patat, geskil en gekap

400 g klappermelk

1 Voorverhit die oond tot 180 °C.

2 Verhit die olie in ’n groot braaipan oor matige hitte. Voeg die ui, wortels en knoffel by en kook 5 minute.

3 Voeg die maalvleis by en kook 5 minute terwyl jy roer om die vleis op te breek. Voeg die tamatiepasta, aftreksel, worcestersous en blatjang by. Bring tot kookpunt, verminder die hitte en laat prut 20 minute.

4 Bring die patat en klappermelk in ’n aparte kastrol tot kookpunt. Verminder die hitte en laat 15 minute of tot sag onbedek prut. Dreineer en maak die patat fyn tot glad.

5 Skep die maalvleis in vier ramekins, bedek met die fyn patat en bak 15-20 minute in die oond.

- Hope Malau