Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

Genoeg vir 4-6 mense

10 ml (2 t) olyfolie

1 ui, gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

1 groen soetrissie, in blokkies gesny

500 g maer maalvleis

2 wortels, gerasper

1 appel, gerasper

1 aartappel, gerasper

1 blik (400 g) heelpitmielies

sout en peper na smaak

2 middelslag-patats, gekook en fyngemaak

250 g blokkies botterskorsie, gekook en fyngemaak

2 ml (½ t) fyn muskaatneut

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Verhit die olyfolie in ’n kastrol.

Voeg die ui, knoffel en groen soetrissie by en braai tot die ui deurskynend is.

Voeg die maalvleis bietjie vir bietjie by en roerbraai aanhoudend tot die maalvleis gaar is.

Voeg die wortels, appel, aartappel en heelpitmielies by, geur met sout en peper na smaak en laat prut 5 minute oor lae hitte.

Skep die maalvleismengsel in ’n oondbak en laat ’n rukkie afkoel.

Meng die patat en botterskorsie en skep dit oor die maalvleis.

Strooi muskaatneut oor die fyn patat en botterskorsie en bak 20 minute of tot goudbruin bo-op.

Sit voor met slaai indien verkies.

Volg Huisgenoot op Twitter.