Genoeg vir 4-6 porsies

1 kg maalvleis

5 ml (1 t) sout

vars gemaalde swartpeper na smaak

5 ml (1 t) fyn komyn

3 ml (ruim ½ t) fyn koljander

15 ml (1 e) worcestersous

1 klein ui, gerasper

1 eier, geklits

6 sagte broodrolletjies met sesamsade

30 ml (2 e) sagte botter of margarien

60 ml (¼ k) braaivleismarinade

6 kaasskywe

sowat 60 ml (¼ k) mayonnaise en tamatiesous gemeng

sowat 8 agurkies, in skywe gesny

2 ryp tamaties, in skywe gesny

sowat 60 ml (¼ k) aangemaakte mosterd

blaarslaai

Meng die maalvleis, sout, peper, komyn, koljander, worcestersous, ui en eier in ’n groot mengbak en roer tot al die bestanddele goed gemeng is.

Deel die maalvleismengsel in ewe groot porsies en vorm maalvleiskoekies.

Laat staan dit in die yskas vir minstens ’n uur of verkieslik oornag.

Halveer die broodrolletjies en smeer die onderste deel met sagte botter of margarien.

Braai die maalvleiskoekies oor die kole of verhit ’n riffelpan en smeer elke maalvleiskoekie met braaivleismarinade.

Braai die maalvleiskoekies oor baie hoë hitte vir sowat 10-15 minute of tot gaar.

Sit ’n maalvleiskoekie op elke gesmeerde broodrolletjiehelfte en ’n kaasskyf op die maalvleiskoekie.

Sit nog ’n maalvleiskoekie op die kaas en skep ’n lepel vol van die mayonnaise-en-tamatiesous-mengsel op die tweede maalvleiskoekie.

Rangskik die agurkieskywe op die sous, gevolg deur die tamatieskywe, ’n skeppie mosterd en blaarslaai.

Sit laastens die ander helfte van die broodrolletjie op die blaarslaai.

Sit voor saam met aartappelskyfies.

Volg Huisgenoot op Twitter.