Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: sowat 3 uur

olie

1 lams- of varkboud

sout en vars gemaalde

swartpeper

sowat 375 ml (1½ k) warm water

250 ml (1 k) Griekse of Italiaanse slaaisous

  1. Smeer ’n middelslag-swartpot met olie en plaas die boud in die pot. Geur met sout en peper.
  2. Giet die water by die boud en sit die deksel op.
  3. Laat prut die boud 2 uur op matige kole tot bykans sag.
  4. Voeg die slaaisous by en draai die boud ’n paar keer om sodat die hele boud goed met slaaisous bedek is. Braai verder in die pot tot heeltemal sag.(Haal die deksel af sodat dit lekker bruin kan braai.)