Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 15-20 min.

Rus: 5 min.

KOESKOES

375 ml (1½ k) koeskoes

60 ml (¼ k) sultanas

15 g koljanderblare, gekap

2 ml (½ t) fyn koljander

2 ml (½ t) fyn komyn

sout en vars gemaalde swartpeper

STEAKS

2 x 250 g-steaks

30 ml (2 e) harissapasta

15 ml (1 e) olie

Voorverhit die oond tot 230 °C.

  1. Koeskoes Maak die koeskoes gaar volgens die aanwysings op die pakkie. Vlok met ’n vurk, voeg die res van die bestanddele by en meng goed. Geur met die sout en peper na smaak en hou eenkant.
  2. Steaks Smeer die steaks met die harissa. Verhit ’n braaipan, voeg die olie in en dadelik daarna die steaks. Seël aan albei kante en braai 4-8 min. verder in die verhitte oond of tot gaar soos verkies. Laat 5 min. rus.
  3. Sny die steak in skywe en sit voor saam met die koeskoes.