LEWER 8 HAMBURGERS

Bereiding: 45 min.

Gaarmaak: sowat 10 min. (vleiskoekies),

20 min. (rolletjies

BROODJIES

1 kg klaargemaakte

brooddeeg

sesam- en papawersaadjies

VLEISKOEKIES

500 g maer lamsmaalvleis

1 groot ui, gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

90 ml elk (6 e) gekapte

vars ment- en koljanderblare

5 ml (1 t) paprika

5 ml (1 t) gedroogde

brandrissievlokkies

2 ml (½ t) sout

5 ml (1 t) swartpeper

10 ml (2 t) fyn komyn

250 ml (1 k) vars broodkrummels,

liggies gerooster

1 eier, geklits

SAMESTELLING

botter vir smeer

1 cos-slaaikop

8 dik tamatieskywe

2-3 komkommers, in repe gesny

1 roomkaasrol

Voorverhit die oond tot 190 °C.

  1. Broodjies Rol die deeg in 8 bolletjies, plaas op ’n bakplaat en sprinkel die saadjies oor. Laat rys. Bak tot gaar, 15-20 min.
  2. Vleiskoekies Meng die vleis, ui, knoffel, kruie en speserye in ’n groot bak. Voeg die broodkrummels en eier by en meng deur. Vorm 8 vleiskoekies. Verkoel 20 min.
  3. Verhit ’n gietysterpan tot rookwarm; braai alkant tot dit effens geskroei is, sowat 1-2 min. Plaas op ’n bakplaat en oondbraai by 200 °C tot net-net gaar en nog effens pienk binne. Laat goed afkoel.
  4. Samestelling Sny die koppie van elke rolletjie af en hol albei helftes uit. Smeer met die botter.
  5. Pak ’n laag slaaiblare in die onderste broodhelfte, plaas ’n tamatieskyf op en druk die hamburgerkoekie boop vas. Druk ’n laag kaas bo-op en plaas nog ’n laag slaaiblare bo-op. Plaas die boonste helfte van die broodrolletjie weer bo-op. Bind stewig met tou vas. Laat verkoel.