Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 8-10 minute

PIESANGSOUS

25 g botter

10 ml (2 e) olyfolie

15 ml (1 e) matige kerriepoeier

25 ml (5 t) meel

2 uie, grof gekap

30 ml (2 e) witwynasyn

150 ml vleisaftreksel

5 ml (1 t) sout

25 ml (5 t) fyn appelkooskonfyt

15 ml (1 e) sagte bruinsuiker

4 piesangs, in skyfies gesny

HAMBURGERS

4 broodrolletjies

500 ml (2 k) blaarslaai

4 gaar vleiskoekies

  1. PIESANGSOUS Verhit die botter en olie in ’n swartpot op warm kole en roerbraai die kerriepoeier sowat 1 minuut. Voeg die meel by en roerbraai sowat2 minute. Voeg die uie by en braai tot goudbruin.
  2. Roer die witwynasyn, vleisaftreksel, sout, appelkooskonfyt, suiker en piesangs by en roer tot die suiker opgelos is. Bring tot kookpunt en laat sowat 5 minute prut.
  3. HAMBURGERS Sny die rolletjies oop en pak die blare op. Sit ’n hamburgerkoekie bo-op en skep die sous oor.