Gebruik klaargemaakte hamburgerkoekies om die maalvleisstokkies mee te maak.

Dis reeds gegeur en bevat al die bindmiddels wat verseker dat jou koftas nie uitmekaar gaan val terwyl jy dit braai nie.

Bereiding: 10-15 minute

Staantyd: 1 uur

Gaarmaaktyd: 20-25 minute

Genoeg vir 6 mense

6 groot hamburger-vleiskoekies

6 sosatiestokkies

30 g babaspinasieblare

250 g gekoopte tzatziki (jogurt

met komkommer)

6 plat knoffelbrode (sien resep)

“Brei”die vleiskoekies met jou hande en vorm maalvleisbolle.

Plaas die bopunt van ’n sosatiestok in die maalvleisbol en vorm ’n lang rol om die stok.

Laat rus die vleis vir so 1 uur in die yskas.

Haal die koftas uit die yskas sowat 30 minute voor jy dit gaan braai.

Braai die vleis sowat 20-25 minute of tot gaar oor matige kole. Sit voor saam met vars spinasieblare,

tzatziki en plat knoffelbrode.