GENOEG VIR 4 MENSE

BEREIDING: 10 MINUtE

GAARMAAKtyD: 30 MINUtE

MAALVLEIS

15 ml (1 e) olyfolie

1 ui, gekap

1 knoffelhuisie, gekap

500 g maer beesmaalvleis

1 pakkie (50 g) tamatiepasta

15-30 ml (1-2 e) suiker

500 ml (2 k) gemengde groente (ertjie-pitmielie-en-wortelmengsel)

sout en vars gemaalde peper

VIR VOORSIt

4 groot aartappels in die skil, sag gekook

hand vol vars basilie

  1. MAALVLEIS Braai die ui en knoffel in verhitte olie tot geurig. Voeg die maalvleis by en braai ’n paar minute.
  2. Roer die tamatiepasta en suiker by en roerbraai effens. Meng die groente deur en roerbraai tot gaar. Geur met sout en vars
  3. gemaalde peper.
  4. VIR VOORSIT Hol die aartappels effens aan die bokant uit en vul met die maalvleis. Besprinkel met basilieblare en sit voor.