GENOEG VIR 1 MENS

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 15 min.

MARINADE

15 ml (1 e) natuurlike jogurt

5 ml (1 t) droë origanum

1 grasui, gekap

1 knoffelhuisie, fyngedruk

3 ml (ruim ½ t) fyn komyn

sap en skil van ’n halwe suurlemoen

5 ml (1 t) kanola-olie

VLEIS

1 varknektjop van 120 g

VIR VOORSIT

125 ml (½ k) patatpuree, gegeur met ’n knippie gemmer

halwe mielie, gaargestoom

250 ml (1 k) jong groenbone, gaargestoom

Voorverhit die oond tot 230 °C.

  1. Meng al die bestanddele vir die marinade en vryf die vleis daarmee in. Laat dit 10 min. marineer.
  2. Verhit ’n gietysterpan en braai die tjop tot alkant bruin. Plaas die tjop op ’n bakplaat en oondbraai 10 min. by 230 °C of tot net gaar.
  3. Sit voor saam met die patatpuree, mielie en groenbone.