Genoeg vir 4

300-500 g varkvleis, in repies gesny

sout en peper

125 ml (½ k) meel

15 g botter

15 ml (1 e) olyfolie

1 gekapte ui

2 gekapte knoffelhuisies

1 gekapte brandrissie (opsioneel)

2 blikkies (410 g elk) gekapte tamaties

vars gekapte basilie en pietersielie

gaar pastarys

  1. Geur die varkvleis met sout en peper en bedek liggies met meel.
  2. Verhit die botter en die helfte van die olie in ’n pan en braai ’n paar blokkies op ’n slag.
  3. Verhit die res van die olie en braai die ui, knoffel en rissie. Voeg die tamaties by en laat prut oor lae hitte vir 5-10 min.
  4. Voeg die varkrepies en die kruie by en laat deurkook tot warm. Sit voor met pastarys.