Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

1 kg beenlose varkvleis, in blokkies gesny

sout en vars gemaalde peper

3 repe spekvleis, fyn gekap

bietjie olie

2 uie, fyn gekap

4 knoffelhuisies, fyn gedruk

1 bouquet garni (’n lourierblaar, takkie vars tiemie en pietersielie saamgebind)

15 ml (1 e) hoenderaftrekselpoeier

30 ml (2 e) growwe mosterd

750 ml (3 k) gemmerlim

15 ml (1 e) mielieblom

takkies tiemie vir garnering

250 ml (1 k) gaar basmatirys

Franse brood (opsioneel)

  1. Geur die varkvleis met sout en peper en braai dit in ’n kastrol saam met die spekvleis in ’n bietjie verhitte olie tot effens bruin. Skep uit.
  2. Braai die uie en knoffel tot sag en voeg die vleismengsel en bouquet garni by.
  3. Roer die aftrekselpoeier en mosterd by en giet die gemmerlim by. Bring tot kookpunt en laat sowat 5 minute prut.
  4. Meng die mielieblom met 30 ml (2 e) water en roer dit by. Roer aanhoudend tot die mengsel weer kook en verdik.
  5. Verwyder die bouquet garni, geur met sout en peper en sprinkel ekstra tiemie oor.

Eet dit saam met basmatirys en, as jy wil, Franse brood