GENOEG VIR 4

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 55 min.

1,2 kg varkribbetjies

gaar rys vir voorsit

Sous

60 ml (¼ k) sojasous

100 ml braaisous

45 ml (3 e) water

5 ml (1 t) brandrissievlokkies

5 cm vars gemmer, gerasper

2 knoffelhuisies, fyn gekap

2,5 ml (½ t) borrie

5 ml (1 t) fyn komyn

45 ml (3 e) bruinsuiker

30 ml (2 e) olie

peper na smaak

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Bring ’n groot pot water tot kookpunt oor matige hitte. Sit die ribbe in en laat prut 35 min. of tot die bene van die vleis af begin wegtrek.
  2. Meng die sousbestanddele in ’n bak en meng goed.
  3. Plaas die ribbe en al die sous in ’n roosterpan. Bak in die oond 20 min. of tot gekaramelliseer en klewerig.
  4. Haal die ribbe uit die oond. Sit voor met rys.

Deur Hope Malau

Foto’s: Jacques Stander