’n Ligte maaltyd is ideaal om op ’n lui en warm dag vir jou gaste voor te sit. Boonop is hierdie gereg vinnig en maklik om te berei.  

Genoeg vir 4

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 8 min.

SOSATIES

5 ml (1 t) komyn

5 ml (1 t) droë brandrissievlokkies

2,5 ml (½ t) paprika

2,5 ml (½ t) sout

5 ml (1 t) ligte sojasous

5 ml (1 t) olie

300 g lendeskyf of braai-steak, in skywe gesny

NEKTARIENSLAAI

60 ml (¼ k) olyfolie

45 ml (3 e) lemoensap

15 ml (1 e) ligte sojasous

130 g gemengde slaaiblare

1 vars bol vinkel, in dun skywe gesny

2 nektariens, geskil en verdeel

Week 6-8 sosatiestokkies in water.

  1. Sosaties Meng die komyn, brandrissievlokkies, paprika, sout, sojasous en olie in ’n bak. Voeg die vleis by en roer om die stukke met die mengsel te bedek. Ryg dan die vleis aan die sosatiestokkies.
  2. Verhit ’n roosterplaat oor hoë hitte, plaas die sosaties in die pan en rooster 2 min. weerskante. Verwyder van die hitte.
  3. Nektarienslaai Giet die olyfolie, lemoensap en sojasous in ’n bak, geur en meng goed. Rangskik die gemengde slaaiblare, vinkel, nektariens en beesvleis-sosaties op ’n platbord. Bedruip met slaaisous.

Deur Hope Malau

Foto: Misha Jordaan