Braai die burgers oor die kole vir nog meer smaak. Jy kan die burgerfrikkadelle ook vries (glip velle waspapier tussen die frikkadelle en maak so seker jy't altyd 'n kitsmaal byderhand.

Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 15-20 minute

BURGERFRIKKADELLE

500 g maer maalvleis

1 middelslag-ui, gerasper

1 ryp tamatie, in klein blokkies gesny

1 klein groen soetrissie, ontpit en in klein blokkies gesny

1 klein selderysttingel, fyn gekap

50 g tamatiesoppoeier

250 ml (1 k) hawermout

60 ml (¼ k) semels

3 eiers, geklits

sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

olie vir braai

VIR AFRONDING

250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper

rolletjies, gehalveer, maar nie deurgesny

tamatieskywe

babaspinasieblare of blaarslaai

mayonnaise

BURGERFRIKKADELLE

Meng al die bestanddele buiten die olie.

Laat staan die mengsel ’n paar minute.

Meng alles baie goed met jou hande. Vorm groot burger-frikkadelle.

Verhit ’n bietjie olie in ’n swaarboom- of riffelpan en braai die frikkadelle oor lae hitte tot gaar.

VIR AFRONDING

Verdeel die kaas tussen die frikkadelle en plaas ’n hopie kaas bo-op elke vleiskoekie.

Pak die tamatieskywe en blare op die onderste helfte van die broodrolletjies.

Plaas ’n frikkadel bo-op en skep ’n lepel vol mayonnaise oor elk.

Sit voor.

Volg Huisgenoot op Twitter.

Huisgenoot 22 April 2010.