Hierdie sappige, bros varkgereg is maklik en sorg vir opwinding om die etenstafel.

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 2 uur 10 min.

Genoeg vir 6 mense

1 kg varklies

sout en peper

’n klein hand vol vars tiemie, grof gekap

2 uie, gekap

2 wortels, gekap

1 stingel seldery, gekap

4 knoffelhuisie, gekneus

’n klein hand vol vars tiemie

15 ml (1 e) meel

375 ml (1½ k) hoenderaftreksel

Voorverhit die oond tot 230 °C.

  1. Sny met ’n skerp mes die varklies se vet in repe. Geur met sout en peper en vryf tiemie in al die kepe in. Sit die lies met die vetkant na bo in ’n roosterpan. Rooster 25 min. of tot die vel in swoerd ('crackling') verander.
  2. Verminder die hitte tot 180 °C en rooster die vark nog ’n uur. Haal die vark uit die oond en uit die pan. Sit al die groente (uie, wortels en seldery), knoffel en tiemie in die pan, met die vark bo-op. Rooster nog 30 min. of tot die vleis sag is en maklik uitmekaartrek.
  3. Haal uit die oond en verplaas die vark na ’n plank. Laat rus minstens 10 min. voor jy dit sny.
  4. Sit die roosterpan direk op die stoof. Voeg die meel by en roer tot ’n dik pasta om die groente vorm. Roer 2 min. oor matig lae hitte om die rou meel uit te kook. Voeg die aftreksel by en bring tot prutpunt terwyl jy roer tot ’n vleissous gevorm het. Geur met sout en peper.

Deur Hope Malau

Foto: David Briers