Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 minute

Marineertyd: 2 uur

Gaarmaaktyd: 1 uur 30 minute

1 ontbeende varklende

5 ml (1 t) knoffelsout

peper

2 ml (½ t) karwysaad

30 ml (2 e) olie

6 wortels, gekap

3 aartappels, in kwarte gesny

3 klein uie, in kwarte gesny

500 ml (2 k) beesvleisaftreksel

45 ml (3 e) meel

60 ml (¼ k) water

1 Voorverhit die oond tot 180 °C.

2 Sny die varklende middeldeur.

3 Meng die knoffelsout, peper, karwysaad en olie in ’n bakkie en smeer dit oral oor die vleis.

4 Bind kombuistou om die vleis om dit styf te maak en ’n ronde vorm te gee. Bedek en marineer 2 uur in die koelkas.

5 Plaas die wortels, aartappels en uie in ’n diep braaipan en giet die aftreksel oor. Plaas die vleis op die groente en bedek met foelie.

6 Rooster ’n uur in die oond. Verwyder die foelie. Skep die groente op ’n platbord uit en hou warm.

7 Meng die meel en water, roer dit in die braaipan in en sit ’n halfuur terug in die oond.

8 Laat die varkvleis rus, kerf dit dan en sit saam met die groente en sous voor.

- Hope Malau