Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 25 min.

VRYFMENGSEL

2 ml (½ t) komynsaad

5 ml (1 t) vinkelsaad

2 naeltjies

15 ml (1 e) paprika

skil en sap van 1 suurlemoen

’n hand vol tiemie, gekap

4 knoffelhuisies, gekap

125 ml (½ k) tamatiesous

60 ml (¼ k) balsemieke asyn

VARK

350 g varkfilet

ROERBRAAI

30 ml (2 e) grondboonolie

2 wortels, in vuurhoutjiegrootte-stukkies gesny

2 rooi soetrissies, in skywe gesny

200 g suikerertjies

4 sprietuie, in skywe gesny

3 knoffelhuisies

3 cm vars gemmer, gerasper

80 g babaspinasie

Voorverhit die oond tot 200 °C.

Vryfmengsel Meng die bestanddele vir die vryfmengsel.

Vark Vryf die speserymengsel aan die filet en maak seker dis goed bedek. Verplaas na ’n roosterpan en rooster 25 minute of tot gaar.

Roerbraai Verhit ’n pan oor matige hitte, voeg die olie by en roerbraai die wortels 1 minuut. Roer die soetrissies, ertjies, sprietuie, knoffel en gemmer in. Roerbraai 4 minute of tot die groente sag is. Roer die spinasie in.

Haal die varkvleis uit die oond en giet die vleissappe oor die groente. Sit die groente voor met skywe vark bo-op.