GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 15 min.

Gaarmaaktyd: 15 min.

Verkoeltyd: 20 min.

HAMBURGERKOEKIE

500 g boerewors, uit die derm gedruk

15 ml (1 e) worcestersous

olie

SAMPIOENMENGSEL

10 ml (2 t) olie

1 klein ui, gekap

½groen soetrissie, gekap

100 g sampioene, in skyfies gesny

4 repe spek

AFRONDING

4 panini’s of hamburger-rolletjies, in die helfte deurgesny

botter

1 tamatie, in skywe gesny

sout en peper

4 skywe kaas

1 rooi-ui, in skywe gesny

  1. Hamburgerkoekie Meng die vleis en die worcestersous. Vorm 4 vleiskoekies en laat sowat 20 minute
  2. verkoel. Braai in ’n pan in ’n bietjie verhitte olie tot gaar en bruin.
  3. Sampioenmengsel Verhit die olie en braai die ui, soetrissie en sampioene tot gaar. Hou eenkant. Braai die spekvleis in ’n aparte pan tot gaar en bros.
  4. Afronding Smeer een kant van elke pannini of rolletjie met botter. Geur die tamatie met sout en peper.
  5. Stapel ’n skyf kaas, tamatie en ui op een helfte van ’n hamburgerkoekie. Skep ’n bietjie sampioenmengsel op en rond af met ’n spekreep. Plaas die ander helfte bo-op of sit dit oop voor.
  6. Sit voor saam met slaptjips.