Genoeg vir 4 -6 mense

SOETUIEMENGSEL

40 g botter

1 groot ui, in skywe gesny

25 ml (5 t) sagte bruinsuiker

40 ml balsemieke asyn

sout en vars gemaalde swartpeper

6 gerookte varkworsies (of gewone worsies)

6 worsrolletjies

30 ml (2 e) mosterd

30 ml (2 e) mayonnaise

30 g roketblare

Verhit die botter in ’n pan en braai die ui ’n paar minute oor hoë hitte.

Verlaag die hitte en roer die sagte bruinsuiker en balsemieke asyn by.

Geur na smaak met sout en vars gemaalde swartpeper.

Roer tot goed gemeng en laat prut sowat 10-15 minute oor lae hitte.

Braai intussen die varkworsies oor lae hitte in ’n verhitte riffelpan tot gaar.

Indien jy dit nie wil braai nie, dompel dit in kookwater en kook sowat 5 minute of tot gaar.

Dreineer en hou eenkant.

Halveer die broodjies en smeer met mosterd en mayonnaise.

Deel die roketblare tussen die broodjies en sit ’n worsie in elk.

Skep ’n lepel vol van die uiemengsel op die worsies.