Genoeg vir 4-6 mense

Marineertyd: 1 uur of oornag

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 1 uur en 45 minute

VLEIS

sowat 1 kg varkrib of ’n braaistuk soos ’n heel varkskouer of -boud

sout en vars gemaalde swartpeper

sap en skil van een suurlemoen

MARINADE

1 knoffelhuisie, fyn gekap

125 ml (½ k) tamatiesous

25 ml (5 t) olyfolie

50 ml blatjang

30 ml (2 e) gemengde vars kruie soos roosmaryn, tiemie en origanum, fyn gekap

15 ml (1 e) balsemieke asyn

200 ml bier

  1. Geur die varkstuk met sout, peper, sap en skil. Meng die bestanddele vir die marinade en giet dit oor die varkstuk. Laat marineer dit ’n uur of oornag.
  2. Voorverhit die oond tot 200 °C.
  3. Plaas die varkstuk in ’n oondbak en oondbraai 15 minute. Verlaag die hitte tot 160 °C en oondbraai nog 1½ uur of tot gaar en die vleissappe nie meer bloederig is nie.
  4. Laat rus sowat 10 minute en sny in skywe. Sit voor met gestoomde groenbone, dolmades en platbrode.