Genoeg vir 4 tot 6 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 25 min.

PIEKELMENGSEL

50 g seesout

7 ml (1½ t) swartpeperkorrels

1 L (4 k) water

60 ml (¼ k) heuning

VARKVLEIS

400 g varkfilet

45 ml (3 e) rooibosteeblare vir rook

’n hand vol rou rys

SOUS

20 ml (4 t) rysasyn

sap van 1 lemmetjie

60 ml (¼ k) olyfolie

1 middelslag-stuk ingelegde gemmer, fyn gekap

2 knoffelhuisies, fyn gedruk

2 brandrissies, gekap

5 ml (1 e) vissous

SLAAI

2 elk pruime, perskes en nektariens

150 g gemengde blaarslaai

1 rooi-ui, in skywe gesny

1. Piekelmengsel Meng en verhit die bestanddele in ’n kastrol op die stoof tot die heuning opgelos het. Laat dit heeltemal afkoel.

2. Varkvleis Prik die varkvleis oraloor, plaas dit in ’n skottel en giet die piekelmengsel oor. Verkoel 1 uur in die yskas. Spoel af en druk droog.

3. Voer ’n braaipan met ’n vel aluminiumfoelie uit. Strooi die rooibosteeblare en rys oor die foelie. Sit ’n rak oor en sit die varkvleis op die rak neer. Verhit oor hoë hitte op die stoof tot die rooibosblare begin rook. Bedek met die foelie, stel die hitte op laag en verhit nog 25 min.

4. Sous Meng die bestanddele.

5. Slaai Sny die vrugte in stukke en verskroei in ’n warm roosterpan. Rangskik die blaarslaai, ui en verskroeide vrugte op ’n platbord. Rangskik die varkvleis bo-op en giet die sous oor. 

Foto’s: Megan Miller