Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 2½ uur

45 ml (3 e) bruinsuiker

30 ml (2 e) paprika

2 ml (½ t) mosterdpoeier

sout en peper

30 ml (2 e) olie

500 g varkvleis, ontbeen

500 ml (2 k) appelsap

125 ml (½ k) water

4 hamburgerrolletjies

koolslaai vir voorsit

1    Voorverhit dit oond tot 180 °C.

2    Meng die suiker, paprika, mosterd, sout, peper en olie en vryf dit oor die varkvleis.

3    Plaas die varkvleis op ’n rooster oor ’n braaipan en maak seker dat die vleis nie aan die bodem raak nie. Gooi die sap en water in die braaipan, bedek met foelie en rooster 2 uur. Verwyder die foelie en rooster nog ’n halfuur of tot die vleis effens verbrand is.

4    Verwyder van die rooster en laat afkoel. Versnipper die vleis met twee vurke of jou vingers.

5    Sny die rolletjies oop, skep koolslaai op die onderste helfte en voeg die versnipperde vleis by. Skep ’n bietjie van die braaivloeistof op die boonste helftes, sit hulle op die vleis en sit voor.

- Hope Malau