Sy het lank in Duitsland gewerk asook in Nieu-Zeeland en Amerika gebly. Kosmaak loop in haar bloed, want haar pa het lank ’n paar reastaurante besit en haar oom is ook ’n sjef, vertel sy.


Maak 1 burger

Bereiding: 10 min

Gaarmaak: 5 min

BURGER

Gekapte vars roosmaryn en tiemie

Halwe knoffelhuisie, fyngedruk

olyfolie

375 ml (11/2 k) gepluisde gaar lamsboud (wat oorgebly het van Sondag se boud, of gebruik lamblad en maak in die drukkoker gaar)

125 ml (1/2 k) van die sous of lamsaftreksel

VOORSIT

Vars ciabatta-broodrolletjie, deurgesny en gebotter indien verkies

15 ml (1 e) uiemarmelade

125 ml (1/2 k) ingelegde beetpiekels

Paar roketblare

Stukkie bokmelkkaas of feta

1 BURGER Braai die kruie en knoffel in bietjie verhitte olie tot sag en geurig. Voeg die lamsvleis en aftreksel by en prut tot geurig, so 3—5 minute.

2 Smeer die onderste gedeelte van die broodjie met uiemarmelade, skep die vleis bo-op, stapel die roketblare bo-op en rond af met kaas.

Kyk Jy het ’n Wenresep! elke Woensdag om 18:30 op VIA (DStv-kanaal 147).

Hierdie resepte is geskryf soos ontvang van die deelnemers en nie in die Wenreseptekombuis getoets vir korrektheid nie.