Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Marineer: 15 min.

Gaarmaak: 30-40 min.

500-600 g beeskortribbetjies

MARINADE

125 ml (½ k) heuning

60 ml (¼ k) sojasous

15 ml (1 e) gerasperde

vars gemmer

2 knoffelhuisies, fyngedruk

VIR VOORSI T

500 ml (2 k) jasmyn of gewone rys

KOMKOMMERSLAAI

30 ml (2 e) kanola-olie

30 ml (2 e) rysasyn

5 ml (1 t) strooisuiker

1 komkommer, met ’n aartappelskiller in linte gesny

6 sprietuie, grof gekap

125 ml (½ k) vars koljanderblare, gekap

Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ’n groot bakplaat met kossproei.

  1. Marinade Meng alles, giet oor die ribbetjies en marineer minstens 15 min.
  2. Pak die ribbetjies op die bakplaat en bak 30-40 min. (afhangend van die dikte van die ribbetjies) tot gaar. Verminder die hitte tot 160 °C, smeer met die orige marinade en oondbraai tot bruin.
  3. Vir voorsit Kook intussen die rys volgens die aanwysings op die pakkie, dreineer en hou eenkant.
  4. Komkommerslaai Klits die olie, rysasyn en strooisuiker saam. Meng die komkommer, sprietuie en koljander
  5. Sit die ribbetjies voor saam met die slaai en rys.

WENK As jy sagter ribbetjies wil hê, kook die ribbetjies eers in aftreksel tot gaar, giet die marinade oor en rooster dan 10-15 min. in ’n baie warm oond. liggies in ’n mengbak en giet die slaaisous oor.