Genoeg vir 2-4 porsies

1 pakkie (500 g) dik boerewors

4 sosatiestokkies

Marinade

15 ml (1 e) koljanderblare, grof gekap

80 ml (? k) olyfolie

30 ml (2 e) balsemieke asyn

15 ml (1 e) sagte bruinsuiker

2 brandrissies, gekap

3 ml (ruim ½ t) suurlemoenskil, gerasper

sap van halwe suurlemoen

sout en peper na smaak

1. Deel die wors in 4 gelyke stukke.

2. Rol elke stukkie wors apart op en ryg dit op die sosatiestokkies (een op elke stokkie).

3. Plaas die worssosaties in ’n marineerbak.

4. Marinade: Plaas al die bestanddele vir die marinade in ’n beker en klits dit saam.

5. Giet die marinade oor die sosaties en marineer tot nodig.