Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 1½ uur

Genoeg vir 4-6 mense

1,5 kg springbok- of beesvleis-tjops, oopgevlek butterflied

Marinade

250 g blik fyn pynappel

60 ml (¼ k) sojasous

250 ml (1 k) mayonnaise

250 ml (1 k) blatjang

60 ml (¼ k) olyfolie

60 ml (¼ k) heuning-en-mosterdsous

5 ml (1 t) matige kerriepoeier

30 ml (2 e) suiker

30 ml (2 e) droë gemengde kruie

sout en vars gemaalde swartpeper

Voorverhit die oond tot 180°C.

Plaas die tjops in ’n oondvaste bak en geur met sout en peper.

Marinade Meng die marinade-bestanddele goed en giet dit oor die tjops. Bedek met foelie en bak vir 1½ uur in die oond. Sit voor saam met tjips.