Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

Genoeg vir 4-6 mense

4-6 varklendetjops

sout en peper

SAMBAL

1 rooi-ui, gehalveer en in dun skywe gesny

1 pynappel, in blokkies gesny

2 Granny Smith-appels, kern verwyder en in blokkies gesny

1 avokado, in blokkies gesny

’n handvol platblaarpietersielie, grof gekap

30 ml (2 e) wit balsemieke asyn

Voorverhit die oond tot 190 °C.

Geur die vark met sout en peper en verseël die tjops in ’n warm pan vir 1 minuut weerskante.

Plaas dit op ’n bakplaat en braai dit 10-15 minute in die oond tot gaar na jou smaak.

SAMBAL

Meng al die sambalbestanddele, geur met sout en peper en giet die asyn oor.

Kan voorgesit word met ekstra slaaiblare.

- Carmen Hendricks en Nolin Daniels