Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 20-30 minute

Gaarmaaktyd: 15-20 minute

8 groot bruinsampioene

80 g botter, gesmelt paar druppels suurlemoensap

sout en vars gemaalde swartpeper

500-600 g varkfilet, in skywe van 3 cm gesny

olie vir braai

1 ui, fyn gekap

1 knoffelhuisie, fyn gekap

1 pakkie (80 g) kitskaassous van jou keuse

8 skyfies edam- of cheddarkaas

  1. Verwyder die sampioene se stingels en verf aan die buitekant met die gesmelte botter. Pak op ’n bakplaat, drup ’n paar druppels suurlemoensap aan die binnekant en geur met sout en peper.
  2. Kap die vleis effens dunner met die kant van jou hand. Geur na smaak met sout en peper.
  3. Verhit olie in ’n swart pan en braai die vleis op warm kole tot goudbruin aan albei kante (nie te lank nie). Skep uit en hou eenkant. (Jy kan die vleis ook direk op die rooster braai.)
  4. Braai die uie en knoffel ’n paar minute in dieselfde pan en geur met sout en peper. Skep van die uiemengsel binne-in die sampioene.
  5. Berei die kaassous en skep in die sampioene.
  6. Plaas kaasskywe op die sampioene, gevolg deur die vleis. (Die kaas kan ook bo-op die vleis gepak word.) Bedek met ’n vel tinfoelie en braai op hoë kole tot die kaas net gesmelt het – nie te lank nie, anders word die vleis droog.
  7. Sit voor saam met klein aartappeltjies en slaai, indien verkies.