Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 2 uur

Genoeg vir 6 mense

1 kg varkboud

30 ml (2 e) olie

sout en peper na smaak

500 g rooi aartappels

1 ui, geskil en gehalveer

2 appels, in skywe gesny

2 pere, in skywe gesny

500 ml (2 k) hoenderaftreksel

sout en peper na smaak

Voorverhit die oond tot 180 °C. Sny kepe in die vel van die varkvleis met ’n skerp mes.

Vryf dit met olie en bestrooi met sout en peper.

Sit die varkboud op ’n braaipan en braai 2 uur.

Bedruip elke 30 minute met olie uit die pan.

Sit die aartappels, ui, appels en pere in ’n kastrol.

Gooi die aftreksel oor en geur met sout en peper.

Laat prut 30 minute of tot al die geure gemeng is.

Bedruip die varkboud die laaste 30 minute met die vrugte en aftreksel en sit dit terug in die oond.

Sit die vrugte en aartappels saam met snye gebraaide vark voor.

Volg Huisgenoot op Twitter.