Genoeg vir 2-4 mense

8 worsies (frankfurters, chorizo’s of viennas)

10 ml olie

1 ui, in kwarte gesny

100 g murgpampoentjies, in stukke gesny

150 g sampioene, in kwarte gesny

410 g geblikte tamaties

25 ml blatjang

10 ml soetrissiesous

10 worcestersous

20-30 ml sagte bruinsuiker

sout en vars gemaalde swartpeper

Sny die worsies in stukke en hou eenkant.

Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai die ui, murgpampoentjies en sampioene ’n paar minute.

Roer die geblikte tamaties, blatjang, soetrissiesous, worcestersous en sagte bruinsuiker by en geur met sout en vars gemaalde swartpeper.

Verlaag die hitte en laat prut 20 minute of tot geurig en gaar.

Roer die worsies by en laat prut nog ’n paar minute.

Sit voor saam met romerige polenta of pasta.