Genoeg vir 6 Mense

Bereiding: 15 minute

gaarmaaktyd: 45 minute

SOUS

30 ml (2 e) olie

60 ml (¼ k) mosterdpoeier

125 ml (½ k) suiker

2 ml (½ t) sout

250 ml (1 k) kookwater

250 ml (1 k) mayonnaise

sap van 1 suurlemoen

125 ml (½ k) wit druiwe-asyn

30 ml (2 e) koekmeel

TONG 2 gaar tonge, vel afgetrek en in skywe gesny (SIEN WENK) 125 ml (½ k) sagte broodkrummels Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. SOUS Meng die olie, mosterd, suiker en sout saam en klits die kookwater bietjie vir bietjie by. Klits die res van die bestanddele by.
  2. TONG Pak die tongskywe in ’n oondvaste bak en giet die sous oor. Sprinkel die krummels oor en bak 45 minute in die oond tot die sous effens verdik het en die krummels goudbruin is.
WENK Maak die tong so gaar:
  • Bedek dit met koue water. Voeg ’n kruiesakkie, 1-2 wortels, 1-2 uie, 1-2 selderystokkies en 1-2 peperkorrels by. Laat kook, verlaag die hitte en kook sowat 3 uur tot sag. Dompel in koue water en verwyder die vel terwyl die tong nog warm is. As jy die tong in die kookvloeistof laat afkoel, proe dit beter.