Genoeg vir 4 mense

FRIKKADELLE

  • 500 g maalvleis
  • 1 klein ui, baie fyn gekap
  • 60 ml (¼ k) gekapte pietersielie
  • 1 wortel, gerasper
  • sout en peper
  • 2 eiers, geklits
  • 100 ml gerasperde parmesaankaas

TAMATIESOUS

  • 1 blik (410 g) gekapte tamaties
  • 1 blik (410 g) soetrissies
  • sout en vars gemaalde swartpeper
  • 5 ml (1 t) sagte bruinsuiker
  • 125 ml (½ k) room (opsioneel)
  • 250 g spaghetti

FRIKKADELLE:

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Meng al die bestanddele rol in klein balletjies.
  3. Sit die balletjies in ‘n oondbak en bak in voorverhitte oond vir 10-15 minute of tot gaar.

TAMATIESOUS

  1. Bring die gekapte tamaties, geblikte soetrissies, sout, peper en bruinsuiker tot kookpunt en laat prut ’n paar minute.
  2. Roer die room by en bring weer tot kookpunt.
  3. Voeg die frikkadelle by en verlaag die hitte.
  4. Kook die spaghetti in soutwater tot al dente, dreineer en sit voor saam met die frikkadelle en tamatiesous.