Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 30 min.

Verkoel: 30 min.

SPESERYE

2 ml (½ t) komynsade

5 ml (1 t) koljandersade

5 ml (1 t) droëpietersielie

FRIKKADELLE

500 g beesmaalvleis

2 snye brood, in water geweek

1 eier, geklits

2-5 ml (½-1 t) Dijonmosterd

sout en peper

GORT

500 ml (2 k) gort,vgekook

45 ml (3 e) roomkaas

250 ml (1 k) ertjies,vgeblansjeer

  1. SPESERYE Rooster die komyn- en koljandersade tot geurig. Stamp dit saam met die pietersielie in ’n vysel fyn.
  2. FRIKKADELLE Meng die speserye goed deur die vleis. Druk die oortollige water uit die brood en meng saam met die res van die bestanddele by die maalvleismengsel in. Geur met die sout en peper na smaak. Vorm frikkadelle en verkoel minstens 30 min.
  3. GORT Meng die roomkaas en ertjies deur die gort. Geur met die sout en peper.
  4. Verhit olie in ’n pan en braai die frikkadelle, of braai 25-30 min. by 200 °C in die oond.
  5. Sit voor saam met gort en bronkors.