Bedien 4

500 g ekstra-maer beesmaalvleis

1 fyngekapte ui

2 gerasperde wortels

1 groot gerasperde ryp tamatie

5 ml gemaalde komyn

7 ml gerookte paprika

2 eiers

3 groot aartappels om fyn te druk

10 ml sout

20 g botter

60 ml melk

Olie om mee te bak

1.    Meng die maalvleis, wortels, tamatie, komyn, paprika en eiers in ’n groot mengbak.

2.    Meng goed (gebruik jou hande) en geur met sout en peper en sit eenkant in die yskas.

3.    Skil die aartappels en sny in groot stukke. Sit die stukke in ’n groot pot met koue water en voeg sout by. Laat dit kook tot sag.

4.    Dreineer die aartappels en voeg botter en melk by. Druk dit fyn en geur vir smaak.

5.    Maak klein balletjies met die maalvleis-mengsel.

6.    Verhit olie en bak die frikkadelle tot goudbruin en gaar. Bedien saam met kapokaartappels.

Volg Huisgenoot op Twitter.