Daar is niks lekkerder as frikkadelle in tamatiesous wanneer dit koud is nie.

Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 30 min

Gaarmaaktyd: sowat 30 min

FRIKKADELLE

30 ml (2e)  olyfolie

1 ui, fyn gekap

1 knoffelhuise, gekap

600 g maalvleis

2 eiers, geklits

30 ml (2 e) pietersiele, fyn gekap

worcestersous na smaak

sout en vars gemaalde swartpeper

TAMATIESOUS

2 knoffelhuisies, gekneus

30 ml (2 e) olyfolie

1 blik (410 g) gekapte tamaties

15 ml (1 e) tamatiepuree

5 ml (1 t) suiker

30 ml (2 e) gekapte pietersielie

sout en vars gemaalde swartpeper

vars pietersielie vir garnering

FRIKKADELLE

Verhit ’n bietjie olyfolie en braai die ui en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg by die maalvleis, gevolg deur die eiers, pietersielie, worcestersous, sout en peper. Meng goed en deel in ewe groot porsies. Rol

die frikkadelle met jou hande (maak jou hande klam, dan rol dit makliker). Verhit die res van die olie en braai die frikkadelle oor matige hitte tot goudbruin. Skep uit.

SOUS 

Braai die knoffel in verhitte olyfolie in ’n groot pan tot sag en deurskynend. Voeg tamatie en tamatiepuree by en laat prut tot die sous verdik. Voeg die suiker, pietersielie, sout en peper by. Skep frikkadelle in die sous en

verhit oor matige hitte tot geurig. Garneer met vars pietersielie en sit voor saam met romerige kapokaartappels of rys.