Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 minute

Verkoeltyd: 30 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

500 g beesmaalvleis

1 ui, gerasper

1 knoffelhuisie, fyn gedruk

1 eier, geklits

15 ml (1 e) gedroogde Italiaanse kruie

sout en peper

15 ml (1 e) olie

1 blik (400 g) gekapte tamaties

250 ml (1 k) room

kapokaartappel en pietersielie vir voorsit

  1. Meng die maalvleis, ui, knoffel, eier, kruie, sout en peper goed en vorm balletjies. Verkoel ’n halfuur in die yskas.
  2. Verhit die olie en braai die frikkadelle bruin. Verwyder uit die pan en hou eenkant.
  3. Verhit die tamaties en room saam. Geur met sout en peper en kook tot die sous effens dik is.
  4. Skep die frikkadelle in die sous en kook tot gaar.
  5. Sit die frikkadelle saam met die kapokaartappel voor. Sprinkel die pietersielie bo-oor.