Genoeg vir 4-6 mense 

FRIKKADELLE

500 g maer maalvleis

1 ui, gerasper

125 ml (½ k) vars witbroodkrummels

sout en vars gemaalde swartpeper

2 ml (½ t) fyn komyn

2 ml (½ t) fyn koljander

15 ml (1 e) worcestersous

TAMATIESOUS

15 ml (1 e) olyfolie

1 ui, fyn gekap

2 knoffelhuisies, gekneus

1 blik (410 g) heel tamaties, fyn gekap

125 ml (½ k) rooiwyn

5 ml (1 t) sagte bruinsuiker

sout en vars gemaalde swartpeper

hand vol basilieblare, geskeur

100 g mozzarellakaas, in skywe gesny

ekstra basilieblare vir garnering

Voorverhit die oond tot 200 °C.

FRIKKADELLE

Meng die bestanddele vir die frikkadelle en vorm klein balle.

Rangskik op ’n gesmeerde bakplaat en bak 10 minute.

TAMATIESOUS

Verhit intussen die olyfolie in ’n pan en braai die ui en knoffelhuisies ’n minuut.

Voeg die heel tamaties, rooiwyn, sagte bruinsuiker, sout, vars gemaalde swartpeper en basilieblare by en kook 10 minute.

Roer gereeld, anders kan dit vasbrand.

Giet die tamatiesous oor die frikkadelle en rangskik die kaasskywe bo-op.

Bak sowat 5 minute of tot die kaas gesmelt is.

Garneer met ekstra basilieblare en sit voor saam met pasta of brood.

WENK: Dit kan reeds die vorige dag gemaak en die volgende dag ná werk net verhit word.