Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 35 min.

Afkoel: 30 min.

500 g varkmaalvleis

1 rooi soetrissie, fyn gekap

1 ui, fyn gekap

4 knoffelhuisies, fyn gekap

2 rooi brandrissies, fyn gekap

5 ml (1 t) koljandersade

5 ml (1 t) komynsade

’n hand vol koljander, gekap

sout en peper

SOUS

45 ml (3 e) olyfolie

5 ml (1 t) sout

5 ml (1 t) borrie

30 ml (2 e) tamatiepasta

750 ml (3 k) appelwyn

1 beesaftrekselblokkie

  1. Plaas die maalvleis, soetrissie, ui, knoffel, rissies, koljandersade, komynsade en gekapte koljander in ’n bak en meng goed. Geur en plaas 30 min. in die yskas.
  2. Vorm balletjies van die maalvleismengsel en plaas dit op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is.
  3. SOUS Plaas al die bestanddele vir die sous in ’n kastrol oor matige hitte en laat prut 20 min. of tot dit verdik het.
  4. Sit al die frikkadelle in die kastrol met die sous, verminder die hitte, bedek en laat kook 15 min. of tot gaar.

Deur Hope Malau

Foto: David Briers